Hoofkantoor

Tiani Roelofse

witjassies@witjassies.co.za

Tel: +27(0)84 593 0269
Photo

Photo

Photo

Photo

Photo
Die Witjassies & Little Lab Coats
~Join the science adventure

Die Witjassie & Little Lab Coats, bied wetenskapklasse aan vir kinders tussen die ouderdom van 3 en 9, maar kinders so oud as 12 jaar word geakkommodeer in ons klasse.

Welkom aan elke splinternuwe en veteraan Witjassie wat weekliks lekker saam met Molly en Marius die wonderlike wêreld van die natuurwetenskappe gaan ontdek! Die muise het klaar hulle wit jassies aan en kan nie wag om weer saam met julle te kuier nie.

Mag julle liefde vir wetenskap groei met elke wetenskap-avontuur!
Wetenskap van jongs af...

Wetenskap is 'n fantastiese en interessante vakgebied wat makliker baasgeraak kan word wanneer kinders van jongs af die regte blootstelling daarin kry. Wanneer 'n liefde vir die vak gekweek word ontwikkel kinders 'n selfvertroue en 'n belangstelling daarin wat hulle 'n voorsprong gee in die kompeterende węreld wat op hulle wag.

Ons kurrikulum is ontwikkel deur Wetenskaplikes wat die vak op 'n prettige, eenvoudige en onvergeetlike manier by hulle eie kinders wou tuisbring. Belangrike Wetenskaplike beginsels word nou so verweef in elke les dat kinders dit speel-speel baasraak en onthou!
Watter vakgebiede word ondersoek?

Deelnemers word voorgestel aan die wonderlike węreld van chemie, fisika, sterrekunde, geologie, geografie, meteorology, paleontology, omgewings-wetenskappe en biologie.
Waar begin die verhaal?

Êrens tussen vulkane en hoë berge sal jy die Pragtige Vallei vind waar twee ondersoekende Witjassie muise genaamd Molly en Marius woon. Die twee uitstekende Wetenskaplikes reis graag en beleef vele avonture waartydens taai tameletjies opgelos moet word saam met al die Witjassies…
Voordele vir kinders wat deelneem

Deelnemers voel soos ware Wetenskaplikes en dit is ongelooflik om te sien hoeveel selfvertoue hulle ontwikkel - beide op 'n persoonlike vlak en in Wetenskap as vak.

'n Witjassie
• se horisonne verbreed
• se selfvertroue kry 'n hupstoot
• kry die geleentheid om self met wetenskaplike apparaat te eksperimenteer
• leer om vrae te vra en kry antwoorde deur te eksperimenteer
• leer dat wetenskap pret, maklik en verstaanbaar is
• benader wetenskap met opgewondenheid en positiwiteit!

Die apparaat wat gebruik word is vooraf beproef en 100% veilig vir kinders.
Registrasie

Waar kan my kind inskakel by klasse?

GAUTENG KWA-ZULU NATAL
LIMPOPO MPUMALANGA
NOORDWES / NORTH WEST WES-KAAP / WESTERN CAPE

Registrasievorms is by die onderskeie lisensiehouers beskikbaar.

Elke deelnemer ontvang sy eie wit laboratorium jassie wanneer hy/sy vir sy eerste jaar registreer. 'n T-hempie word ingesluit by die tweede jaar se registrasie.

T-hempies is beskikbaar vir enige van ons deelnemers as 'n addisionele item. Bestellings kan by die lisensiehouers geplaas word.

Elkeen kry n sertifikaat van deelname aan die einde van die jaar.
Hoe kan Die Witjassies betrokke raak by 'n skool?

Indien 'n skool Die Witjassies & Little Lab Coats as 'n buitemuurse aktiwiteit of as deel van sy wetenskap-kurrikulum wil aanbied of belangstel in instappies, kan hoofkantoor gekontak word om 'n gratis demonstrasie te bespreek.
Photo       Photo